Welkom by Proties!

Waar kindwees vir ons nog belangrik is...
Proties bied jou kind waardegedrewe, Christelike onderwys met
'n topklas personeelkorps in 'n lekker landelike omgewing!

Meer oor ons

Welkom by die BESTE skool aan die Wesrand!

By Laerskool Protearif maak ons seker dat elke Protie, elke dag, deel van die skool en sy spesiale gees is. Ons bied ons kinders die geleentheid om op sport, kultuur en akademiese gebiede te floreer met 'n magdom skolastiese en buitemuurse aktiwiteite.

Ons bied sportsoorte soos rugby, netbal, seuns- en meisies hokkie en atletiek aan. Behalwe vir ons uitstekende sportspanne, spog ons ook met topgehalte kulturele aktiwiteite soos drama, skaak, koor en vele meer.

Ons is trots daarop op jaar na jaar een van die top hokkieskole in die streek te wees en ons leerders presteer ook uitstekend op die jaarlikse RACA Eisteddfod.

Belangrike Inligting

Vir enige belangrike inligting aangaande ons skool kan u onderstaande skakels gebruik. Volg gerus ook ons Facebook blad hier vir meer gereelde nuus en gebeure.

2024 Registrasies

Laai die nodige vorms af vir 2024 se Graad R en Graad 1 registrasies. Kliek hier vir die registrasievorm in PDF formaat

Kleuterskool Vorms

Laai die nodige vorms af vir 2024 se Protearif Kleuterskool registrasies. Kliek hier vir die registrasievorm in PDF formaat

Naskool Kontrak

Laai die nodige vorms af vir 2024 se Naskool registrasies. Kliek hier vir die kontrak in PDF formaat

Skoolgelde 2023

Laai 'n uiteensetting af van 2023 se skoolgelde en die verskillende betaalopsies. Kliek hier vir die uiteensetting in PDF formaat

Skoolstruktuur

Die volgende onderwysers en ouers is aan stuur van die Protie-skip en maak seker dat ons skool elke dag in die regte rigting vaar na ons eindbestemming.

Mnr. Donna Lourens

Skoolhoof

Juf Lorraine Snyman

Adjunk-Hoof en Beheerliggaam Personeel verteenwoordiger

Juf Martie du Toit

Departementshoof Juniorfase

Juf Vennessa Frey

Departementshoof - Opvoedkundige Leiding

Mnr WD Botha

Interne Departementshoof Sport en Beheerliggaam Personeel verteenwoordiger

Me Izelle Fourie

Waarnemende Departementshoof (Intersenfase)

Mnr Paul De Waal

Beheerliggaam Voorsitter

Mnr Armand Blignaut

Beheerliggaam Onder-Voorsitter

Me Michelle Botha

Beheerliggaam Finansiële Voorsitter

Mnr Thys van Zyl

Beheerliggaam Projekte

Me Charlize Botes

Beheerliggaam Bemarking

Me Tershia Nieuwoudt

Beheerliggaam Administratiewe verteenwoordiger

Kontak Besonderhede

Kontak gerus ons kantoorpersoneel deur enige van die middele hieronder. Hulle is altyd gretig om te help en alle vrae te antwoord.

Kom kuier vir ons:

Van Riebeeck Straat, Protearif, Krugersdorp.

Tel:

011-956-6358